Ben vertoon die vermoë van die sielkundige om fyn te luister – na die Bybel – en om sensitief te wees vir wat met mense en die wêreld rondom hom aangaan. Die aksent bly op die klein dingetjies wat in sy titel beloof word; die dingetjies wat naby aan die gewone mens kom en wat ook vir Jesus baie belangrik was.
Die klein dingetjies raak baie lewensterreine, sommiges wat vandag kontroversieel is in ons land. Deurgaans gaan hy verantwoordelik om met die Bybel en die verrassings wat hy aanbied, ontaard nooit in gewaagde Skrifgebruik ter wille van effek nie.
Die boek word vir die leser ‘n stuk ervaring van die lewende Jesus soos hy in die Bybel met mense omgegaan het.
Dis eenvoudig die beste boek wat ek ooit gelees het!
Ek het hierdie boek vir al my vriende as ‘n geskenk gegee. Kan ek meer sê?






