Baie geluk Ben! Jou boek handel oor al die vrae waarmee die meeste van ons soms worstel, maar te bang is om te vra. Dit is ‘n eerlike soeke na die waarheid wat vir my nuwe insigte en betekenis gegee het in die rol wat godsdiens in ons moderne samelewing speel. Ek ondersteun jou idees en voorstelle vir verandering ten volle.
’n Boek soos hierdie is lankal nodig en ek verwelkom dit.
Uiteindelik het iemand die moed om te sê dat die koning geen klere dra nie! Ek hoop van harte dat die kerk kennis neem van hierdie boek en dat dit die aandag sal trek wat dit verdien. Dit is duidelik dat baie navorsing in hierdie goedgeskrewe boek ingegaan het.
Dit was vir my ‘n wonderlike voorreg om jou boek te lees. Oor hierdie onderwerp is dit enig in sy soort in ons land en jou navorsing was briljant. Moenie ophou skryf nie!






